Monday 14 November 2011

Modepoppies en Hansworse


Hallo Almal


My Mamma het met my en my Boeties, Modepoppies en Hansworse van Roomyshorinkies en lekkergoed gemaak.
Vir die Modepoppie het jy nodig:


koekiedoppie
roomyshorinkie en jou gunsteling lekkergoed
koninklike versiersel
Marie-koekie
malvalekker
blinkertjies
Vir die Hansworse het jy nodig:


roomyshorinkies en jou gunsteling lekkergoed
koniklike versiersel
Marie koekies
malvalekkers
blinkertjies
Smarties
Koninklike versiersel:
Dit is ‘n versiersel wat hard word en die Hanswors aanmekaar hou.
Bestandele:
1 eierwit
3 druppels suurlemoensap
175 g gesifde versiersuiker (330ml)
kleursel en geursel 
Hoe om die koninklike versiersel te maak:
  • Meng die eierwit en suurlemoensap
  • Voeg die gesifte versiersuiker lepelsgewys by en meng totdat dit puntjies vorm wat opstaan.
  • Kleur en/of geur.
  • Maak die bakkie met versiersel baie goed toe, anders word dit hard en droog.
Hoe om die Modepoppie te maak:
  • Maak eerste die hoedjie van die Modepoppie - Smeer koninklike versiersel bo-op die Marie koekie en maak mooi glad.
  • Sit die koekiedoppie bo-op.
  • Versier die rand van die koekiedoppie. My mamma het rosies al om die doppie gemaak en ek het blinkertjies bo-op gesit.
  • Neem die roomyshorinkie en sny ‘n 20mm stukkie van die bokant af.
  • Plak die horinkie met koninklike versiersel op die Marie koekie vas.
  • Sit lekkergoed binne-in.
  • Plak vir die kop ‘n malvalekker bo-op die horinkie vas.
  • Maak rosies onder en bo om die nek.
  • Versier die malvalekker soos ‘n gesiggie met die koninklike versiersel.
  • Laat goed droog word.
  • Plak die hoed skeef-skeef op die kop van die poppie vas.

Hoe om die Hansworsie te maak:
  • Sny die punt van die roomyshorinkie af. Sit lekkergoed binne-in.
  • Smeer koninklike versiersel op die rand van die horinkie en plak dit op die Marie koekie vas.
  • Sit die malvalekker bo-op vas.
  • Die afgesnyde punt kan bo-op vasgesit word vir ‘n hoedjie.
  • Versier die gesig en hare met koninklike versiersel.
  • Versier verder met Smarties.


Ons het so lekker versier aan die Modepoppies en Hansworsies. En nog lekkerder daaraan geƫet! Dankie Mamma!

Op my Sussie, Heidi-Mari se blog is haar Twee Weeklikse Bak Kompetisie, ‘Iets vir Kinders’.


Ek skryf hierdie Modepoppies en Hansworsies in vir haar kompetisie.


As jy hou van my poppies, gaan asb. more na Heidi-Mari se blog en stem vir my Modepoppies en Hansworsies (jy kan stem tot die 20ste November) - Dankie!
Bak groete
Danika.

Thursday 3 November 2011

Felt Cookies I Made.


Hallo Almal
Hi Everyone

Ek het saam met my Mamma en Sussie, felt kos begin maak.
I started to make felt food, with my Mother and Sister.

Ek het Felt Suiker Koekies gemaak. Die patroon kan hier gekry word.
I made Felt Sugar Cookies.  You can find the pattern here.

Ek wil graag hierdie koekies inskryf vir Kelly-Anne se "Sensational Sewing Challenge". Die tema vir die maand Oktober is Kinder Speelgoed!
I would like to enter these Felt Sugar Cookies in Kelly-Anne's Sensational Sewing Challenge.  The theme for the month of October is Children Toys! 

Ek en my maatjies speel baie lekker met die Felt Suiker Koekies.
My Friends and I have much fun playing with the Felt Sugar Cookies.

Glimlaggies
Smiles


Danika