Monday 14 November 2011

Modepoppies en Hansworse


Hallo Almal


My Mamma het met my en my Boeties, Modepoppies en Hansworse van Roomyshorinkies en lekkergoed gemaak.
Vir die Modepoppie het jy nodig:


koekiedoppie
roomyshorinkie en jou gunsteling lekkergoed
koninklike versiersel
Marie-koekie
malvalekker
blinkertjies
Vir die Hansworse het jy nodig:


roomyshorinkies en jou gunsteling lekkergoed
koniklike versiersel
Marie koekies
malvalekkers
blinkertjies
Smarties
Koninklike versiersel:
Dit is ‘n versiersel wat hard word en die Hanswors aanmekaar hou.
Bestandele:
1 eierwit
3 druppels suurlemoensap
175 g gesifde versiersuiker (330ml)
kleursel en geursel 
Hoe om die koninklike versiersel te maak:
  • Meng die eierwit en suurlemoensap
  • Voeg die gesifte versiersuiker lepelsgewys by en meng totdat dit puntjies vorm wat opstaan.
  • Kleur en/of geur.
  • Maak die bakkie met versiersel baie goed toe, anders word dit hard en droog.
Hoe om die Modepoppie te maak:
  • Maak eerste die hoedjie van die Modepoppie - Smeer koninklike versiersel bo-op die Marie koekie en maak mooi glad.
  • Sit die koekiedoppie bo-op.
  • Versier die rand van die koekiedoppie. My mamma het rosies al om die doppie gemaak en ek het blinkertjies bo-op gesit.
  • Neem die roomyshorinkie en sny ‘n 20mm stukkie van die bokant af.
  • Plak die horinkie met koninklike versiersel op die Marie koekie vas.
  • Sit lekkergoed binne-in.
  • Plak vir die kop ‘n malvalekker bo-op die horinkie vas.
  • Maak rosies onder en bo om die nek.
  • Versier die malvalekker soos ‘n gesiggie met die koninklike versiersel.
  • Laat goed droog word.
  • Plak die hoed skeef-skeef op die kop van die poppie vas.

Hoe om die Hansworsie te maak:
  • Sny die punt van die roomyshorinkie af. Sit lekkergoed binne-in.
  • Smeer koninklike versiersel op die rand van die horinkie en plak dit op die Marie koekie vas.
  • Sit die malvalekker bo-op vas.
  • Die afgesnyde punt kan bo-op vasgesit word vir ‘n hoedjie.
  • Versier die gesig en hare met koninklike versiersel.
  • Versier verder met Smarties.


Ons het so lekker versier aan die Modepoppies en Hansworsies. En nog lekkerder daaraan geƫet! Dankie Mamma!

Op my Sussie, Heidi-Mari se blog is haar Twee Weeklikse Bak Kompetisie, ‘Iets vir Kinders’.


Ek skryf hierdie Modepoppies en Hansworsies in vir haar kompetisie.


As jy hou van my poppies, gaan asb. more na Heidi-Mari se blog en stem vir my Modepoppies en Hansworsies (jy kan stem tot die 20ste November) - Dankie!
Bak groete
Danika.

2 comments:

  1. Wow! The clowns look so very cool!
    Lots of love
    Tane ♥

    ReplyDelete
  2. These look so good, Danika! Well done! :)

    ReplyDelete